Akkommodasie
Kliprivier bied 2 selfsorg eenhede elk met 2 slaapkamers en 2 enkelbeddens per kamer. Daar is dus slaapplek vir 4 persone in elke eenheid. Besoekers het ook die opsie om ‘n vyfde persoon in die sitkamer te laat slaap. Elke eenheid is uitgerus met wit linne en handoeke. Die eenheid is uitgelę as ‘n oop-plan kombuis en –sitkamer en die badkamer het ‘n toilet, stort en wasbak. Braaigeriewe is buite beskikbaar.
|
|