Kliprivier

Kliprivier Gasteplaas is 25 km buitekant Piketberg teen die pragtige Piketbergreeks, op die R365-roete geleë.

Besoekers sal n plaas atmosfeer ervaar in die volledig toegeruste selfsorg huisies aan die voet van die berg. Gaste kan ook rustig langs die dam sit en visvang of die een-uur staproete in die berg aandurf.

Ons onthaal lokaal, "Die Melkstal", bied ‘n prentjiemooi uitsig oor die Eendekuil vallei. Dit is geskik vir troues (ook n buite-kapel)en spesiale funksies tot maksimum getal 80 mense.

View in English